HANDELINGE 14:8 – Vergelyk alle weergawes
HANDELINGE 14:8 AFR83 (Afrikaans 1983)
In Listra was daar 'n man met gebreklike voete. Hy was van sy geboorte af verlam en kon nooit loop nie.
HANDELINGE 14:8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En in Listre het daar 'n man gesit wat magteloos was aan sy voete, kreupel van sy geboorte af, en hy het nooit geloop nie.
HANDELINGE 14:8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
In Listra was daar ’n man wat sy voete nie kon gebruik nie. Van sy geboorte af was hy verlam en kon hy nooit loop nie.
HANDELINGE 14:8 DB (Die Boodskap)
In Listra was daar ’n man wat sy voete nie kon gebruik nie omdat hy van sy geboorte af verlam was.
HANDELINGE 14:8 ABA (Bybel vir almal)
In die stad Listre was daar 'n man, sy voete was verlam. Hy het nooit geloop nie, vandat hy gebore is.
HANDELINGE 14:8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
In Listra het daar 'n man gesit wat nie sy voete kon gebruik nie. Hy was van sy geboorte af verlam en kon nooit loop nie.
HANDELINGE 14:8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En daar het 'n sekere man in Listre gesit, magteloos aan sy voete, 'n kreupel van sy moeder se skoot af, wat nog nooit gewandel het nie.