HANDELINGE 14:16-17
HANDELINGE 14:16-17 Bybel vir almal (ABA)
Toe al die volke voorheen gedoen het wat hulle wou doen, het God hulle nie gestraf nie. Maar God het vir die mense gewys dat Hy daar is, want Hy het goeie dinge vir hulle gegee: Hy het vir julle reën uit die lug laat val en Hy het vir julle vrugbare plante gegee. Ja, Hy het vir julle baie kos gegee en Hy het julle baie bly gemaak.”
HANDELINGE 14:16-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy het in die tye wat verby is, toegelaat dat al die nasies in hulle eie weë sou wandel, al het Hy Homself nie onbetuig gelaat nie, deur goed te doen, van die hemel vir ons reën en vrugbare tye te gee en ons harte met voedsel en vrolikheid te vervul.
HANDELINGE 14:16-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het in die verlede alle nasies toegelaat om hulle eie koers te gaan, maar tog bekend gemaak dat dit Hy is wat die goeie dinge gee: Hy het vir julle reën van die hemel af gegee en gereelde oeste; Hy het julle volop kos gegee en julle gelukkig gemaak.”
HANDELINGE 14:16-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Al die heidennasies het Hy in vorige geslagte toegelaat om op hulle eie paaie te gaan, maar tog het Hy geen onduidelike getuienis van Homself gegee nie, deur goeie dinge te doen: Hy het uit die hemel aan julle reën en vrugbare seisoene gegee, en julle liggame met kos en julle harte met vreugde gevul.”
HANDELINGE 14:16-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wat vroeër al die nasies toegelaat het om in hul eie weë te wandel. Maar Hy het Homself nie sonder getuienis gelaat nie, deurdat Hy goed gedoen het en ons reën uit die hemel gegee het en vrugbare tye, en ons harte vervul het met voedsel en blydskap.
HANDELINGE 14:16-17 Die Boodskap (DB)
“In die verlede het God toegelaat dat al die volke maar hulle eie pad loop. Tog het Hy op baie maniere gewys dat Hy vir julle omgee. Hy het gesorg dat julle genoeg reën kry en dat daar groot oeste op julle lande is. Hy het julle skure vol kos gepak en julle hart met vreugde volgemaak.”
HANDELINGE 14:16-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
In vorige geslagte het Hy die ander nasies toegelaat om hulle eie koers te kies, maar tog het Hy duidelike getuienis gegee dat dit Hy is wat die goeie dinge gee: Hy het vir julle reën gegee van die hemel af, en oeste op hulle tyd; Hy het julle volop kos gegee en in julle harte volop vreugde.”