HANDELINGE 14:11 - Compare All Versions

HANDELINGE 14:11 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe die mense sien wat Paulus gedoen het, roep hulle in Likaonies uit: “Die gode het soos mense geword en het na ons toe afgekom!”

HANDELINGE 14:11 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En toe die skare sien wat Paulus gedoen het, verhef hulle hul stem en sê in Likaónies: Die gode het soos mense geword en neergedaal na ons toe.

HANDELINGE 14:11 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe die skare sien wat Paulus gedoen het, roep hulle in Likaonies uit: “Die gode het met mensliggame na ons toe afgekom!”

HANDELINGE 14:11 DB (Die Boodskap)

Toe die mense sien wat Paulus gedoen het, het hulle opgewonde in hulle Likaoniese taal uitgeroep: “Die gode het mense geword! Die gode het na ons toe gekom!”

HANDELINGE 14:11 ABA (Bybel vir almal)

Toe die mense die wonderwerk sien wat Paulus gedoen het, het hulle hard in die taal van die mense van Likaonië geskree: “Die gode het afgekom na ons toe en hulle het soos mense geword!”

HANDELINGE 14:11 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe die skare sien wat Paulus gedoen het, roep hulle in Likaonies uit: “Die gode het soos mense geword en na ons afgedaal!”

HANDELINGE 14:11 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En toe die skare sien wat Paulus gedoen het, het hulle hul stem verhef en in die toespraak van Likaónië gesê: Die gode het na ons neergedaal in die gelykenis van mense.