HANDELINGE 13:5 - Compare All Versions

HANDELINGE 13:5 ABA (Bybel vir almal)

Toe hulle in die stad Salamis kom, het hulle aangehou om vir die mense die boodskap van God te bring in die sinagoges van die Jode. Johannes was ook by Barnabas en Saulus om hulle te help.

HANDELINGE 13:5 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En toe hulle in Sálamis kom, het hulle die woord van God in die sinagoges van die Jode verkondig; en hulle het ook Johannes as helper gehad.

HANDELINGE 13:5 AFR83 (Afrikaans 1983)

en in Salamis aangekom. Daar het hulle die woord van God in die Joodse sinagoges verkondig. Hulle het Johannes by hulle gehad om hulle te help.

HANDELINGE 13:5 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe hulle in Salamis aankom, het hulle die woord van God in die Joodse •sinagoges verkondig, met Johannes as hulle helper.

HANDELINGE 13:5 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En toe hulle in Salamis was, het hulle die woord van God in die sinagoges van die Jode verkondig; en hulle het ook Johannes as hul bedienaar gehad.

HANDELINGE 13:5 DB (Die Boodskap)

In Salamis het hulle begin om God se woord in die godsdienstige bymekaarkomplekke van die Jode bekend te maak. Hulle het die eiland van hoek tot kant deurkruis.

HANDELINGE 13:5 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

In Salamis aangekom, het hulle die woord van God in die Joodse sinagoges verkondig. Hulle het Johannes as helper gehad.