HANDELINGE 13:26 - Compare All Versions
HANDELINGE 13:26 ABA (Bybel vir almal)
“Vriende, julle wat die nageslag van Abraham is, en julle ander wat vir God respekteer, God het vir ons hierdie boodskap gestuur dat Hy ons red.
HANDELINGE 13:26 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Broeders, kinders van die geslag van Abraham, en die onder julle wat God vrees, vir julle is hierdie woord van verlossing gestuur.
HANDELINGE 13:26 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Broers, nakomelinge van Abraham, en julle, godvresendes, aan ons het God hierdie boodskap van die verlossing gestuur.
HANDELINGE 13:26 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Broers, kinders van Abraham se geslag, en die godvresendes onder julle, aan ons is die boodskap van hierdie verlossing gestuur.
HANDELINGE 13:26 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Manne en broeders, kinders van die geslag van Abraham, en elkeen onder julle wat God vrees, aan julle is die woord van hierdie verlossing gestuur.
HANDELINGE 13:26 DB (Die Boodskap)
“Broers, julle is Abraham se nageslag. Julle is die mense wat groot respek vir God het. Weet julle, hierdie boodskap van verlossing is spesiaal vir julle bedoel.
HANDELINGE 13:26 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Geagte volksgenote, seuns uit die geslag van Abraham, en julle ander wat vir God ontsag het, aan óns het God die boodskap van hierdie verlossing gestuur!