Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

HANDELINGE 12:3 – Vergelyk alle weergawes

HANDELINGE 12:3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe Herodes sien dat dit by die Jode byval vind, het hy nog verder gegaan en ook vir Petrus gevange laat neem. Dit het tydens die fees van die ongesuurde brood gebeur.

HANDELINGE 12:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En toe hy sien dat dit die Jode welgevallig was, het hy verder ook Petrus in hegtenis geneem. En dit was die dae van die ongesuurde brode.

HANDELINGE 12:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe Herodes sien dat dit by die Jode byval vind, het hy nog verder gegaan deur ook Petrus tydens die Fees van die Ongesuurde Brood te laat arresteer.

HANDELINGE 12:3 DB (Die Boodskap)

Dit het Herodes aangespoor om ook vir Petrus te laat vang en in die tronk te gooi. Dit was gedurende die paastyd.

HANDELINGE 12:3 ABA (Bybel vir almal)

Toe Herodes sien dat die Jode dink dit is goed, het hy ook vir Petrus laat vang. Dit alles het gebeur toe dit die tyd van die Fees van die Ongesuurde Brood was.

HANDELINGE 12:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

En toe hy sien dat dit by die Jode byval vind, het hy verder gegaan en ook vir •Petrus gevange laat neem. Dit was die tyd van die Fees van die Ongesuurde Brood.

HANDELINGE 12:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En omdat hy gesien het dat dit die Jode behaag het, het hy verder gegaan om Petrus ook te neem. (Toe was die dae van ongesuurde brode.)