HANDELINGE 12:21-23
HANDELINGE 12:21-23 Bybel vir almal (ABA)
Op die spesiale dag het Herodes die mooi klere aangetrek wat 'n koning dra. Hy het gaan sit op die regterstoel en toe het hy met die vergadering van die volk gepraat. Die mense het toe aangehou om te skree: “Hy praat soos 'n god en nie soos 'n mens nie!” Dadelik het 'n engel van die Here vir Herodes siek laat word omdat hy nie vir God geëer het nie. En wurms het begin om hom op te vreet, en hy het gesterf.
HANDELINGE 12:21-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En op 'n bepaalde dag het Herodes 'n koninklike kleed aangetrek en op die troon gaan sit en hulle toegespreek. Daarop het die volk hom toegeroep: 'n Stem van 'n god en nie van 'n mens nie! En onmiddellik het 'n engel van die Here hom getref, omdat hy die eer nie aan God gegee het nie; en hy is deur wurms verteer en het gesterwe.
HANDELINGE 12:21-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op die vasgestelde dag het Herodes sy ampsklere aangetrek, op sy troon gaan sit en hulle toegespreek. Die mense het toe geskreeu: “Dit is 'n god wat praat, nie 'n mens nie!” Op daardie selfde oomblik het 'n engel van die Here hom getref, omdat hy nie die eer aan God gegee het nie. Herodes is deur wurms verteer, en het gesterwe.
HANDELINGE 12:21-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Op die vasgestelde dag het Herodes 'n koninklike kleed aangetrek, op die regbank plaasgeneem en hulle toegespreek. Daarop het die volk uitgeroep: “Die stem van 'n god en nie van 'n mens nie!” En onmiddellik het 'n engel van die Here hom neergevel, omdat hy nie die eer aan God gegee het nie en, verteer deur wurms, het hy gesterf.
HANDELINGE 12:21-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En op 'n vasgestelde dag het Herodes, geklee in koninklike klere, op sy troon gaan sit en 'n rede tot hulle gespreek. En die volk het 'n geroep en gesê: Dit is die stem van 'n god en nie van 'n mens nie. En dadelik het die engel van die Here hom geslaan, omdat hy aan God die eer nie gegee het nie
HANDELINGE 12:21-23 Die Boodskap (DB)
Op die dag waarop hulle afgespreek het, het Herodes sy opwagting gemaak. Met al sy blink klere aan het hy op sy troon gaan sit en almal toegespreek. Hy was skaars klaar of die mense het begin uitroep: “Dis ’n god wat nou met ons praat. Hy is nie ’n gewone mens nie.” Op daardie einste oomblik stuur die Here een van sy engele wat Herodes net daar voor almal inmekaar laat sak het. Dit het gebeur omdat hy God nie geëer het nie. Daarna het hy baie ernstig siek geword en gesterf.
HANDELINGE 12:21-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Op die vasgestelde dag het Herodes sy ampsklere aangetrek, op sy verhoog gaan sit en hulle in die openbaar toegespreek. Die mense het hom toegejuig: “Dit is die stem van ’n god, nie van ’n mens nie!” Onmiddellik het ’n engel van die Here Herodes getref omdat hy die verering aanvaar en nie aan God gegee het nie. Hy is deur wurms gevreet en het gesterf.