2 TIMOTEUS 4:9-12
2 TIMOTEUS 4:9-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Probeer so gou moontlik na my toe kom, want Demas het die teenswoordige wêreld liefgekry en my verlaat en na Tessalonika vertrek. Kressens is na Galasië en Titus na Dalmasië toe. Net Lukas is by my. Gaan haal vir Markus en bring hom saam met jou, want hy kan my tot groot diens wees. Tigikus het ek na Efese toe gestuur.
2 TIMOTEUS 4:9-12 Bybel vir almal (ABA)
Timoteus, jy moet hard probeer om gou na my toe te kom, want Demas het my alleen gelos. Hy het besluit dat hierdie wêreld vir hom die belangrikste is en hy het na die stad Tessalonika gegaan. Kressens het na die land Galasië gegaan en Titus het na die land Dalmasië gegaan. Dit is net Lukas wat nou by my is. Jy moet vir Markus gaan haal en jy moet hom saam met jou bring, want hy kan my baie goed help om my werk te doen. Ek het vir Tigikus na die stad Efese gestuur.
2 TIMOTEUS 4:9-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Beywer jou om gou na my te kom. Want Demas het my verlaat, omdat hy die teenwoordige wêreld liefgekry het, en het na Thessaloníka vertrek, Crescens na Galásië, Titus na Dalmásië. Lukas is alleen by my. Markus moet jy gaan haal en saam met jou bring, want hy kan my baie tot diens wees. Tíchikus het ek na Éfese gestuur.
2 TIMOTEUS 4:9-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Doen jou bes om gou na my toe te kom, want Demas het my verlaat: Hy het die huidige wêreld liefgekry, en na Thessalonika vertrek, Kressens na Galasië, en Titus na Dalmasië. Net Lukas is nog by my. Gaan haal vir Markus, en bring hom saam met jou, want hy is vir my baie nuttig in die bediening. Tigikus het ek na Efese gestuur.
2 TIMOTEUS 4:9-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Doen jou ywer om gou na my toe te kom. Want Demas het My verlaat, omdat hy hierdie teenswoordige wêreld liefgehad het, en het na Tessalonika vertrek; Crescens na Galasië, Titus tot Dalmatië. Net Lukas is by my. Neem Markus en bring hom saam, want hy is vir my nuttig vir die bediening. En Ek het Tigikus na Efese gestuur.
2 TIMOTEUS 4:9-12 Die Boodskap (DB)
Doen jou bes om so gou moontlik na my toe te kom. Demas is Tessalonika toe. Hy is nie meer by my nie, want hy het te lief geraak vir die dinge waarvan God nie hou nie. Kressens is Galasië toe en Titus is Dalmasië toe. Nog net Lukas is by my. As jy kom, moet jy ook vir Markus saambring. Hy kan baie vir my en vir die werk van die Here doen. Ek het Tigikus Efese toe gestuur.
2 TIMOTEUS 4:9-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Doen jou bes om so gou moontlik na my toe te kom. Demas het my verlaat omdat hy verlief geraak het op die dinge van hierdie lewe en toe na Tessalonika vertrek het. Kressens is weg na Galasië en Titus na Dalmasië. Net Lukas is by my. Gaan haal vir Markus en bring hom saam met jou wanneer jy kom, want hy kan my behulpsaam wees. Ek het Tigikus na Efese toe gestuur.