2 SAMUEL 23:1-2 - Compare All Versions

2 SAMUEL 23:1-2 ABA (Bybel vir almal)

Hier is die laaste dinge wat Dawid gesê het: “Dawid seun van Isai het gepraat. Die Here het hom 'n belangrike man gemaak, en dit is hý wat gepraat het, hy, die gesalfde van die God van Jakob, die Sterk God van Israel was lief vir hom. Dit is die Gees van die Here wat in my praat, Hy gee vir my die woorde wat ek sê.

2 SAMUEL 23:1-2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

EN dit is die laaste woorde van Dawid: Dawid spreek, die seun van Ísai, en die man wat hoog geplaas was, spreek, die gesalfde van die God van Jakob en die lieflike in die sange van Israel: Die Gees van die HERE spreek in my, en sy woord is op my tong.

2 SAMUEL 23:1-2 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hier volg die laaste woorde van Dawid: “Dit is Dawid seun van Isai wat praat. Dit is 'n man wat praat, een wat hoog geplaas is, die gesalfde van die God van Jakob, die gevierde in die liedere van Israel: “Die Gees van die Here het deur my gepraat, ja, sy woord was op my lippe.

2 SAMUEL 23:1-2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Dit is die laaste woorde van Dawid: “Die uitspraak van Dawid, seun van Isai, die uitspraak van die man wat hoog geplaas is, die gesalfde van die God van Jakob, die geliefde van die liedere van Israel. Die Gees van die HERE spreek deur my, sy woord is op my tong.

2 SAMUEL 23:1-2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Nou is dit die laaste woorde van Dawid. Dawid, die seun van Isai, het gesê, en die man wat in die hoogte opgewek is, die gesalfde van die God van Jakob en die lieflike psalmis van Israel, het gesê: Die Gees van die HERE het deur my gespreek, en sy woord was op my tong.

2 SAMUEL 23:1-2 DB (Die Boodskap)

Hierdie is ’n lied wat genoem is “Dawid se laaste woorde”. ’n Profesie van Dawid, Isai se seun, ’n profesie van iemand vir wie God ’n hoë posisie gegee het, vir wie die God van Jakob uitgekies het, die digter van Israel se mooiste liedere. Die Gees van die Here praat deur my; Hy sê vir my wat ek moet sê.

2 SAMUEL 23:1-2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hier volg die laaste woorde van Dawid: “Dit is Dawid seun van Isai wat praat, dis woorde van die man vir wie God aansien gegee het, die gesalfde van die God van Jakob, die geliefde psalmdigter van Israel. “Die Gees van die HERE het deur my gepraat; sy woorde was op my lippe.