2 SAMUEL 11:3
2 SAMUEL 11:3 Bybel vir almal (ABA)
Dawid het iemand gestuur om uit te vind wie die vrou is. Dit was Batseba, die dogter van Eliam. Batseba was die vrou van Urija die Hetiet.
2 SAMUEL 11:3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy stuur toe iemand om uit te vind wie sy is. “Dis Batseba, die dogter van Eliam en vrou van Urija die Hetiet,” verneem hy.
2 SAMUEL 11:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Dawid het ondersoek laat doen na die vrou, en hulle het gesê: Is dit nie Bátseba, die dogter van Elíam, die vrou van Uría die Hetiet nie?
2 SAMUEL 11:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dawid het oor haar laat navraag doen, en iemand het gesê: “Dit is Batseba dogter van Eliam, die vrou van Urija die Hetiet.”
2 SAMUEL 11:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dawid stuur toe iemand om navraag te doen oor die vrou. Die man het gesê: “Is dit nie Batseba, die dogter van Eliam, die vrou van Urija, die Hetiet nie?”