2 SAMUEL 11:2
2 SAMUEL 11:2 Bybel vir almal (ABA)
Een aand het hy opgestaan van sy rusbank en hy het op die dak van die paleis gaan loop. Hy sien toe 'n vrou wat bad. Sy was baie mooi.
2 SAMUEL 11:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En teen die aand, toe Dawid van sy bed opgestaan het en op die dak van die paleis wandel, sien hy van die dak af 'n vrou wat besig was om 'n bad te neem; en die vrou was baie mooi van aansien.
2 SAMUEL 11:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Eendag het hy na sy middagslapie opgestaan en op die dak van die paleis gaan rondstap. Van die dak af het hy 'n vrou sien bad. Sy was 'n baie mooi vrou.
2 SAMUEL 11:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Op 'n keer het Dawid teen laatmiddag van sy bed af opgestaan en op die dak van die koninklike paleis rondgestap. Hy sien toe van die dak af 'n vrou wat besig is om haar te was; die vrou was besonder mooi.
2 SAMUEL 11:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En teen die aand het Dawid van sy bed af opgestaan en op die dak van die koning se huis geloop, en van die dak af sien hy 'n vrou wat haar was; en die vrou was baie mooi om na te kyk.