2 KONINGS 9:26
2 KONINGS 9:26 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het gesê: ‘Ek het gisteraand die bloed van Nabot en sy seuns gesien, en Ek belowe Ek sal jou op hierdie selfde grond daaroor straf.’ ” Jehu sê toe: “Vat hom en gooi hom op die grond, soos die Here gesê het.”
2 KONINGS 9:26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Voorwaar, Ek het die bloed van Nabot en die bloed van sy seuns verlede nag gesien, spreek die HERE, en Ek sal dit aan jou vergelde op hierdie stuk grond, spreek die HERE. Tel dan nou op, gooi hom op die stuk grond volgens die woord van die HERE.
2 KONINGS 9:26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het toe gesê: ‘So seker as Ek die vergieting van die bloed van Nabot en van sy seuns gister gesien het, sal Ek jou daarvoor vergelding laat doen op hierdie selfde stuk grond.’ Vat hom nou en gooi hom op dié stuk grond, net soos die Here gesê het.”
2 KONINGS 9:26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
‘Gewis het Ek gisteraand die bloed van Nabot en die bloed van sy seuns raakgesien, is die uitspraak van die HERE, en Ek sal dit op hierdie stuk grond aan jou vergeld, is die uitspraak van die HERE.’ Tel hom dan nou op en gooi hom op die stuk grond, ooreenkomstig die woord van die HERE.”
2 KONINGS 9:26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Waarlik, Ek het gister die bloed van Nabot en die bloed van sy seuns gesien, spreek die HERE; en Ek sal jou op hierdie plat vergelde, spreek die HERE. Neem dan nou en gooi hom op die plat grond, volgens die woord van die HERE.