2 KONINGS 20:9
2 KONINGS 20:9 Bybel vir almal (ABA)
Jesaja het gesê: “Die Here sal doen wat Hy gesê het, en dit sal vir jou die teken wees: Die son is al klaar laag, en die skaduwee op die trappe wys dat dit laat is. Moet die Here die skaduwee tien trappe vorentoe laat gaan of moet Hy dit tien trappe terug laat gaan?”
2 KONINGS 20:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jesaja antwoord: Dit sal vir jou die teken van die kant van die HERE wees dat die HERE die woord sal volbring wat Hy gespreek het: Moet die skaduwee tien grade vooruit gaan, of moet dit tien grade agteruit gaan?
2 KONINGS 20:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesaja het geantwoord: “Die Here gee jou die volgende teken dat Hy sal doen wat Hy gesê het: moet die skaduwee tien trappe vorentoe gaan of tien terugkom?”
2 KONINGS 20:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesaja het geantwoord: “Dit sal vir jou van die HERE af die teken wees dat die HERE die woord wat Hy gespreek het, sal uitvoer: Moet die skaduwee tien eenhede vorentoe skuif, of moet dit tien eenhede terugskuif?”
2 KONINGS 20:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Jesaja: Hierdie teken moet jy van die HERE hê, dat die HERE sal doen wat Hy gespreek het: sal die skaduwee tien grade vorentoe gaan of tien grade teruggaan?