2 KONINGS 20:6
2 KONINGS 20:6 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal jou nog 15 jaar laat lewe. Ek sal jou en hierdie stad red van die koning van Assirië, Ek sal hierdie stad beskerm vir Myself en vir my dienaar Dawid.”
2 KONINGS 20:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg en jou en hierdie stad uit die hand van die koning van Assirië red, en ook hierdie stad beskut ter wille van My en my kneg Dawid.
2 KONINGS 20:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal jou lewe met vyftien jaar verleng en jou en dié stad red uit die mag van die koning van Assirië. Ek sal dié stad beskerm, om my ontwil en om my dienaar Dawid se ontwil.”
2 KONINGS 20:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal vyftien jaar by jou lewensdae voeg, en jou en hierdie stad sal Ek uit die greep van die koning van Assirië red. Ek sal hierdie stad afskerm om my ontwil en ter wille van Dawid, my dienskneg. ” ’ ”
2 KONINGS 20:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ek sal by jou dae vyftien jaar byvoeg; en Ek sal jou en hierdie stad red uit die hand van die koning van Assirië; en Ek sal hierdie stad beskut ter wille van My en ter wille van my kneg Dawid.