2 KONINGS 20:20
2 KONINGS 20:20 Bybel vir almal (ABA)
Al die ander dinge wat Hiskia gedoen het, al die belangrike dinge wat hy gedoen het, en die dam en die watertonnel wat hy laat bou het toe hy die water in die stad gebring het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Juda.
2 KONINGS 20:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die verdere geskiedenis van Hiskía en al sy magtige dade, en hoe hy die dam en die watervoor gemaak en die water in die stad gebring het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
2 KONINGS 20:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die ander verhale oor Hiskia, oor sy moedige optrede en oor die dam en die kanaal wat hy gebou het om die water in die stad in te bring, is opgeteken in die annale van die konings van Juda.
2 KONINGS 20:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die verdere geskiedenis van Hiskia, al sy magtige dade, dat hy die dam en die tonnel gemaak, en die water na die stad gebring het, is dit nie opgeteken in die boekrol met die kronieke van die konings van Juda nie?
2 KONINGS 20:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die verdere geskiedenis van Hiskía en al sy magtige dade, en hoe hy 'n bad en 'n leiding gemaak en water in die stad ingebring het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?