2 KONINGS 20:15
2 KONINGS 20:15 Bybel vir almal (ABA)
Jesaja het gevra: “Wat het hulle in jou paleis gesien?” Hiskia het gesê: “Hulle het alles gesien wat in my paleis is. Ek het vir hulle alles gewys wat in my stoorkamers is.”
2 KONINGS 20:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy sê: Wat het hulle in u huis gesien? En Hiskía antwoord: Alles wat in my huis is, het hulle gesien; daar is niks in my skatkamers wat ek hulle nie laat sien het nie.
2 KONINGS 20:15 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Wat het hulle in jou paleis gesien?” vra Jesaja. En Hiskia antwoord: “Hulle het alles gesien wat in my paleis is. Daar is niks van my skatte wat hulle nie gesien het nie.”
2 KONINGS 20:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesaja vra toe: “Wat het hulle in jou paleis gesien?” Hiskia het geantwoord: “Alles wat in my paleis is, het hulle gesien. Daar is niks in my voorraadkamers wat ek nie vir hulle gewys het nie.”
2 KONINGS 20:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sê: Wat het hulle in jou huis gesien? En Hiskía antwoord: Al wat in my huis is, het hulle gesien; daar is niks onder my skatte wat ek dit nie laat sien het nie.