2 KONINGS 20:13
2 KONINGS 20:13 Bybel vir almal (ABA)
Hiskia het geluister na die boodskappers en hy het vir hulle alles gewys wat hy in sy stoorkamers gebêre het: die silwer en die goud, die balsem en die skoon olyf-olie, en ook sy hele wapenkamer, ja, alles wat in sy stoorkamers was. Hiskia het vir die boodskappers alles gewys wat in sy paleis en in sy hele land was.
2 KONINGS 20:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hiskía het na hulle geluister en hulle sy hele skathuis laat sien, die silwer en die goud en die speserye en die kosbare olie en sy wapenhuis en alles wat in sy skatkamers te vinde was; daar was niks in sy huis of in sy hele ryk wat Hiskía hulle nie laat sien het nie.
2 KONINGS 20:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hiskia het die gesante te woord gestaan en hulle daarna al sy skatkamers gewys met die silwer, die goud, die kruie en die geurige olie, sy wapenkamer en alles wat in sy voorraadkamers was. Daar was niks in sy paleis en in sy koninkryk wat Hiskia die gesante nie laat sien het nie.
2 KONINGS 20:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hiskia het die boodskappers te woord gestaan en hulle sy hele skatkamer gewys – die silwer, die goud, die speserye en die kosbare olie – ook sy arsenaal en alles wat in sy voorraadkamers te vinde was. Daar was niks in sy paleis of in sy hele koninkryk wat Hiskia hulle nie gewys het nie.
2 KONINGS 20:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hiskía het na hulle geluister en hulle die hele huis van sy kosbare goed gewys, die silwer en die goud en die speserye en die kosbare salf en die hele huis van sy wapenrusting en alles wat in sy skatte gevind is en daar was niks in sy huis en in sy hele heerskappy wat Hiskía hulle nie laat sien het nie.
2 KONINGS 20:13 Die Boodskap (DB)
Hiskia het die afgevaardigdes hartlik ontvang en hulle in Jerusalem rondgewys. Hy het sy skatkamers vir hulle gewys, met al die goud en silwer, speserye en duur geurige olies daarin. Hy het die wapenstore en ander stoorkamers vir hulle gewys. Daar was eintlik niks wat hy nie vir hulle gewys het nie.
2 KONINGS 20:13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hiskia het die gesante verwelkom en alles in sy skatkamers vir hulle gewys: die silwer, die goud, die speserye en die reukolies. Hy het hulle ook geneem om sy wapens en ander skatte te sien. Daar was niks in sy paleis of koninkryk wat Hiskia nie vir hulle gewys het nie.