2 KONINGS 20:11
2 KONINGS 20:11 Bybel vir almal (ABA)
Die profeet Jesaja het tot die Here gebid, en die Here het die skaduwee tien trappe terug laat gaan op die trappe van koning Agas. Dit het gewys dat die son weer hoog in die lug is.
2 KONINGS 20:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jesaja, die profeet, het die HERE aangeroep, en Hy het die skaduwee op die grade waarlangs dit op die grade van Agas se sonnewyser gedaal het, laat teruggaan, tien grade agteruit.
2 KONINGS 20:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die profeet Jesaja het die Here aangeroep, en Hy het die skaduwee wat reeds teen die trap van Agas afgesak het, tien trappe laat terugskuif.
2 KONINGS 20:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het Jesaja, die profeet, die HERE aangeroep, en Hy het die skaduwee wat reeds op die sonwyser van Agas afgesak het, tien eenhede laat terugskuif.
2 KONINGS 20:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die profeet Jesaja het die HERE aangeroep, en Hy het die skaduwee tien grade agteruit gebring waarmee dit gedaal het in die wyserplaat van Agas.