2 KORINTIËRS 2:6-8 - Compare All Versions

2 KORINTIËRS 2:6-8 ABA (Bybel vir almal)

Die meeste mense in die gemeente was kwaad vir daardie persoon, daarom het hy nou genoeg straf gekry. Dit sal beter wees as julle hom nou vergewe en hom bemoedig, sodat die straf en die hartseer nie te veel word vir hom nie. Daarom vra ek mooi vir julle om lief te wees vir hom.

2 KORINTIËRS 2:6-8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Vir so iemand is daardie bestraffing deur die meerderheid genoeg; sodat julle daarenteen hom liewer moet vergewe en vertroos, dat so iemand nie miskien deur al te groot droefheid verteer word nie. Daarom vermaan ek julle om die liefde aan hom te bevestig.

2 KORINTIËRS 2:6-8 AFR83 (Afrikaans 1983)

Vir so iemand is die bestraffing deur die meerderheid swaar genoeg. Nou moet julle so iemand liewer vergewe en bemoedig, anders kan hy so hartseer word dat hy heeltemal moed verloor. Daarom vra ek julle: Bewys liefde aan hom.

2 KORINTIËRS 2:6-8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Vir so iemand is hierdie teregwysing deur die meerderheid genoeg. Gevolglik moet julle hom in plaas daarvan eerder vergewe en bemoedig, sodat iemand soos hy nie dalk deur oormatige droefheid verteer word nie. Daarom vermaan ek julle ernstig om julle liefde aan hom te herbevestig.

2 KORINTIËRS 2:6-8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Vir so 'n man is hierdie straf, wat baie opgelê is, genoeg. Sodat julle hom teendeel liewer moet vergewe en hom vertroos, sodat so iemand nie miskien deur groot droefheid verswelg word nie. Daarom smeek ek julle dat julle jul liefde vir hom moet bevestig.

2 KORINTIËRS 2:6-8 DB (Die Boodskap)

Dié man het al klaar sy straf ontvang. Julle het hom mos kwaai oor sy optrede aangespreek. Nou moet julle ophou om vir hom kwaad te wees. Vergewe hom en wys vir hom dat julle vir hom omgee. Die arme man voel al sleg genoeg oor sy sonde. Hou op om hom nog verder te ontstel, anders gee hy later heeltemal moed op.

2 KORINTIËRS 2:6-8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Vir só ’n persoon is hierdie bestraffing deur die meerderheid genoeg. Nou is dit die tyd om só ’n persoon eerder te vergewe en by te staan, anders kan hy deur te veel berou verteer word. Daarom smeek ek julle: Bewys liefde aan hom.