2 Korintiërs 2:6-8

2 Korintiërs 2:6-8 DB

Dié man het al klaar sy straf ontvang. Julle het hom mos kwaai oor sy optrede aangespreek. Nou moet julle ophou om vir hom kwaad te wees. Vergewe hom en wys vir hom dat julle vir hom omgee. Die arme man voel al sleg genoeg oor sy sonde. Hou op om hom nog verder te ontstel, anders gee hy later heeltemal moed op.