2 KRONIEKE 32:28 - Compare All Versions

2 KRONIEKE 32:28 ABA (Bybel vir almal)

Hy het stoorkamers laat bou vir die koring en wyn en olyf-olie wat sy mense vir hom gebring het. Hy het ook blyplekke laat bou vir al sy diere, en skaapkrale vir die skape en bokke.

2 KRONIEKE 32:28 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

ook pakhuise vir die opbrings van koring en mos en olie; en stalle vir allerhande soorte vee en krale vir die troppe vee.

2 KRONIEKE 32:28 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hy het opslagplekke laat bou vir die koring, wyn en olie wat aan hom gelewer is, en krale en stalle vir sy beeste en kleinveekuddes.

2 KRONIEKE 32:28 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

asook voorraadkamers vir die opbrengs van koring, •nuwe wyn en olie, en stalle vir elke soort grootvee, en stalle vir kleinvee.

2 KRONIEKE 32:28 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Ook voorraadkamers vir die opbrings van koring en wyn en olie; en stalletjies vir allerhande diere, en hokke vir kleinvee.

2 KRONIEKE 32:28 DB (Die Boodskap)

Daarby het hy stoorkamers vir sy deel van die graanoes, die nuwe wyn en olyfolie gebou. Hy het ook krale en stalle vir sy beeste en troppe kleinvee gebou.

2 KRONIEKE 32:28 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hy het ook baie stoorkamers vir sy graan, nuwe wyn en olyfolie gebou en ook baie stalle vir sy beeste, en krale vir sy troppe skape en bokke gemaak.