2 KRONIEKE 29:5
2 KRONIEKE 29:5 Bybel vir almal (ABA)
Hy het vir hulle gesê: “Leviete, luister na my. Julle moet julleself nou wy en julle moet die tempel van die God van julle voorvaders wy. Julle moet alles wat onrein is, uit die tempel bring
2 KRONIEKE 29:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en vir hulle gesê: Luister na my, Leviete! Heilig julle nou, en heilig die huis van die HERE, die God van julle vaders, en bring die onreinheid uit die heiligdom uit
2 KRONIEKE 29:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
en toegespreek: “Luister na my, Leviete! Reinig julle en reinig die huis van die Here, die God van julle voorvaders. Vat die vuilgoed uit die heiligdom uit.
2 KRONIEKE 29:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het vir hulle gesê: “Luister na my, Leviete! Heilig julleself nou, en heilig die huis van die HERE, die God van julle voorouers, en verwyder die besoedeling uit die heiligdom.
2 KRONIEKE 29:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het vir hulle gesê: Luister na my, Leviete, heilig julleself en heilig die huis van die HERE, die God van julle vaders, en voer die onreinheid uit die heiligdom uit.