2 KRONIEKE 25:9 - Compare All Versions

2 KRONIEKE 25:9 ABA (Bybel vir almal)

Amasia sê toe vir die man van God: “Ek het 100 talente betaal vir die manne van Israel. Wat sal van daardie geld word? Moet ek dit alles verloor?” Die man van God het geantwoord: “God kan vir jou baie meer gee as dit.”

2 KRONIEKE 25:9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar Amásia sê aan die man van God: En wat moet met die honderd talente gemaak word wat ek aan die troepe van Israel gegee het? En die man van God antwoord: Die HERE kan u baie meer gee as dit.

2 KRONIEKE 25:9 AFR83 (Afrikaans 1983)

Maar Amasia vra vir die man van God: “En wat dan van die drie en 'n halwe ton silwer wat ek vir die Israelitiese leërafdeling betaal het?” En die man van God antwoord: “Die Here kan u meer as dit gee.”

2 KRONIEKE 25:9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Amasia vra toe vir die man van God: “Maar wat van die honderd kikkar wat ek vir die troepe van Israel gegee het?” Die man van God het geantwoord: “Die HERE het die vermoë om vir jou baie meer as dit te gee.”

2 KRONIEKE 25:9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Toe sê Amásia vir die man van God: Maar wat moet ons doen met die honderd talente wat ek aan die leër van Israel gegee het? En die man van God antwoord: Die HERE is magtig om jou veel meer as dit te gee.

2 KRONIEKE 25:9 DB (Die Boodskap)

Amasia het hom geantwoord: “Wat stel jy dan voor moet ek doen met die klomp silwer wat ek klaar betaal het om die Israeliete te huur?” “Die Here kan u tog baie meer as dit gee!” het die man van God geantwoord.

2 KRONIEKE 25:9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Amasia vra toe vir die man van God: “Maar wat dan van die drie en ’n half ton silwer wat ek betaal het om die soldate van Israel te huur?” Die man van God antwoord hom: “Die HERE is in staat om baie meer as dit te gee!”