1 TIMOTEUS 3:3
1 TIMOTEUS 3:3 Bybel vir almal (ABA)
'n Ouderling moenie te veel drink en dan dronk word nie, en hy moenie gou kwaad word nie. Nee, hy moet vriendelik en geduldig wees en hy moenie daarvan hou om te baklei nie. Hy moet ook nie lief wees vir geld nie.
1 TIMOTEUS 3:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie
1 TIMOTEUS 3:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
hy moenie aan drank verslaaf of 'n rusiemaker wees nie, maar inskiklik, vredeliewend en nie geldgierig nie.
1 TIMOTEUS 3:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy moet nie 'n dronkaard of veglustig wees nie, maar inskiklik, vredeliewend, en nie geldgierig nie.
1 TIMOTEUS 3:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
nie aan wyn gegee nie, geen slager nie, nie gierig na vuil wins nie; maar geduldig, nie 'n bakleier nie, nie begeerlik nie