1 TIMOTEUS 3:14-15
1 TIMOTEUS 3:14-15 Bybel vir almal (ABA)
Timoteus, ek hoop om gou na jou toe te kom. Maar miskien kan ek nie dadelik kom nie, daarom skryf ek hierdie dinge vir jou, sodat jy kan weet hoe 'n mens moet lewe in die huisgesin van God, dit is die kerk van die God wat lewe. Die kerk is soos 'n pilaar of 'n fondament, die waarheid staan vas daarop.
1 TIMOTEUS 3:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek skryf jou hierdie dinge in die hoop om gou na jou te kom. Maar as ek vertoef, dan kan jy weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God, wat die gemeente is van die lewende God, 'n pilaar en grondslag van die waarheid.
1 TIMOTEUS 3:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek skryf hierdie dinge aan jou hoewel ek hoop om gou na jou toe te kom. Ingeval my koms vertraag word, sal jy dus weet hoe iemand hom moet gedra in die huisgesin van God, dit is die gemeente van die lewende God. Die gemeente is die draer en beskermer van die waarheid.
1 TIMOTEUS 3:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hierdie dinge skryf ek vir jou, in die hoop om binnekort na jou toe te kom. Maar as ek vertraag word, moet jy weet hoe jy jou moet gedra in die huishouding van God: dit is die •kerk van die lewende God, 'n pilaar en 'n fondament van die waarheid.
1 TIMOTEUS 3:14-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hierdie dinge skryf ek aan jou in die hoop om binnekort na jou te kom: Maar as ek lank vertoef, dat jy kan weet hoe jy jou moet gedra in die huis van God, wat die gemeente is van die lewende God, die pilaar en grondslag van die waarheid.
1 TIMOTEUS 3:14-15 Die Boodskap (DB)
Ek hoop om gou weer na julle toe te kom. Ek skryf hierdie dinge vir jou sodat as ek miskien nie so gou kan kom nie, jy sal weet hoe mense hulle in God se huisgesin moet gedra. Die gemeente van die lewende God is hierdie huisgesin. Die gemeente het nie alleen die waarheid nie, maar moet ook sorg dat die waarheid nie verdraai word nie.
1 TIMOTEUS 3:14-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek skryf dié dinge nou aan jou alhoewel ek hoop om binnekort by jou te wees. Ingeval ek vir ’n tydjie nog nie kan kom nie, sal jy weet hoe mense hulle moet gedra in die huishouding van God – dit is die kerk van die lewende God wat die pilaar en stut van die waarheid is.