1 TESSALONISENSE 4:8 - Compare All Versions

1 TESSALONISENSE 4:8 ABA (Bybel vir almal)

Daarom, iemand wat nie luister na wat ons vir julle leer nie, is ongehoorsaam aan God wat sy Heilige Gees vir julle gee, hy is nie ongehoorsaam aan mense nie.

1 TESSALONISENSE 4:8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie 'n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.

1 TESSALONISENSE 4:8 AFR83 (Afrikaans 1983)

Wie hierdie voorskrifte verwerp, verwerp dus nie maar net 'n mens nie, hy verwerp God wat ook sy Heilige Gees aan julle gegee het.

1 TESSALONISENSE 4:8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Daarom dan: die een wat dit verontagsaam, verontagsaam nie 'n mens nie, maar God, wat sy Heilige Gees aan julle gegee het.

1 TESSALONISENSE 4:8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Wie dus verag, verag nie die mens nie, maar God, wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het.

1 TESSALONISENSE 4:8 DB (Die Boodskap)

Mense wat hulle nie steur aan wat ek sê nie, maak ’n bespotting van God wat sy Heilige Gees aan julle gegee het.

1 TESSALONISENSE 4:8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Iemand wat hierdie voorskrifte verwerp, verwerp dus nie ’n mens nie, maar God wat sy Heilige Gees aan julle gee!