1 TESSALONISENSE 4

4
Julle moet tot eer van God lewe
1Ten slotte, broers en susters#4:1a, 10b Grondteks broers., vra ons julle en spoor ons julle aan om as deel van julle verhouding met die Here Jesus#4:1b Grondteks in die Here Jesus. julle leefstyl in te rig volgens die voorskrifte wat julle van ons ontvang het oor hoe julle moet lewe om God gelukkig te maak. Julle doen dit ook, maar lê julle nóg meer daarop toe. 2Julle onthou mos nog die voorskrifte wat ons op gesag van die Here Jesus aan julle gegee het.
3Dis God se wil dat julle aan Hom toegewy moet lewe.#4:3 Grondteks Julle heiligmaking is inderdaad God se wil. Weerhou julle van seksuele sondes. 4Elkeen van julle moet weet hoe om op te tree wanneer julle ’n vrou soek. Tree op soos mense wat aan God behoort en wat sy eer soek.#4:4 Grondteks Elkeen van julle moet weet om sy eie vrou in heiligheid en eer te verkry. 5Moenie uit seksuele drange#4:5 Grondteks in hartstogtelike begeertes. ’n vrou soek soos die ongelowiges wat God nie ken nie. 6Niemand moet in hierdie opsig sy medegelowige#4:6 Grondteks broer. benadeel of misbruik nie, want die Here wreek al sulke dinge. So het ons ook vroeër vir julle gesê en julle ernstig gewaarsku. 7God het ons mos nie geroep tot ’n onrein lewe nie. Hy het ons geroep om onsself al hoe meer aan Hom toe te wy#4:7 Grondteks tot heiligmaking.. 8Iemand wat hierdie voorskrifte verwerp, verwerp dus nie ’n mens nie, maar God wat sy Heilige Gees aan julle gee!
9Ek hoef nie vir julle te skryf oor die liefde wat ons vir mekaar moet hê#4:9 Grondteks broederliefde. nie, want julle is deur God self geleer om mekaar lief te hê. 10Julle tree inderdaad so teenoor alle medegelowiges#4:10a Grondteks broers. in Masedonië op.
Nogtans spoor ons julle aan, broers en susters#4:1a, 10b Grondteks broers.: Lê julle nog meer daarop toe 11en laat dit vir julle ’n saak van eer wees om rustig te lewe, met julle eie sake besig te wees en met julle eie hande te werk. Hierdie riglyne het ons al vroeër aan julle gegee 12sodat die buitestanders#4:12 Grondteks die mense daarbuite. agting vir julle leefstyl sal kry, en julle in geen opsig gebrek sal ly nie.
Ons uitsig op die opstanding
13Broers en susters#4:13a Grondteks broers., ons wil nie hê dat julle in onkunde sal verkeer oor die dooies#4:13b Grondteks ontslapenes. nie. Dan sal julle nie soos die ander mense treur sonder ’n toekomsvooruitsig nie. 14Want aangesien ons glo dat Jesus gesterf én opgestaan het, moet ons ook glo dat God die dooies wat in Jesus geglo het, saam met Jesus sal terugbring#4:14 Grondteks met Hom sal bring..
15Wat ons nou vir julle gaan sê, is ’n uitspraak van die Here: Ons wat bly lewe tot wanneer die Here terugkeer, het glad nie ’n voorsprong bo dié wat dan al gesterf het nie. 16Wat eerste gaan gebeur, is dat die Here self uit die hemel sal neerdaal en dat die dooies wat aan Christus behoort#4:16 Grondteks die dooies in Christus., sal opstaan. Dit sal gebeur wanneer die hoofengel ’n bevel gee en God se trompet weerklink. 17Daarna sal ons wat bly lewe het, saam met hulle op wolke die lug in weggevoer word om die Here te ontmoet en vir altyd by Hom te wees. 18Troos mekaar dan met hierdie woorde.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid