1 SAMUEL 7:6
1 SAMUEL 7:6 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het toe by Mispa bymekaargekom en water geskep en vir die Here drank-offers uitgegooi. Hulle het daardie dag gevas en gesê: “Ons het sonde gedoen teen die Here.” Samuel was die leier van die Israeliete in Mispa.
1 SAMUEL 7:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hulle kom toe bymekaar by Mispa, en hulle het water geskep en dit voor die aangesig van die HERE uitgegiet, en dié dag het hulle gevas en daar gesê: Ons het gesondig teen die HERE. En Samuel het die kinders van Israel in Mispa gerig.
1 SAMUEL 7:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het by Mispa bymekaargekom, water geskep en dit voor die Here uitgegiet. Op daardie dag het hulle gevas en daar het hulle bely: “Ons het teen die Here gesondig.” Samuel het die Israeliete in Mispa onderrig oor wat reg en verkeerd is.
1 SAMUEL 7:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het by Mispa byeengekom, water geskep en dit voor die HERE uitgegiet. Hulle het daardie dag gevas en daar bely: “Ons het teen die HERE gesondig.” Samuel het die Israeliete by Mispa gerig.
1 SAMUEL 7:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het in Mispa bymekaargekom en water geskep en dit voor die aangesig van die HERE uitgegooi en op dié dag gevas en daar gesê: Ons het teen die HERE gesondig. En Samuel het die kinders van Israel in Mispa gerig.
1 SAMUEL 7:6 Die Boodskap (DB)
Hulle het toe by Mispa bymekaargekom. Hulle het water geskep en dit by die altaar uitgegooi. Hulle het daardie dag niks geëet nie en het bely: “Ons het teen die Here gesondig!” Samuel het daar in Mispa vir die Israeliete gesê wat die wil van die Here is.
1 SAMUEL 7:6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hulle het toe daar bymekaargekom. Hulle het water uit ’n put opgetrek en dit voor die HERE uitgegooi. Hulle het ook vir ’n dag lank gevas. “Ons het teen die HERE gesondig,” het hulle bely. By Mispa het Samuel as rigter in Israel begin optree.