1 SAMUEL 7:14 - Compare All Versions

1 SAMUEL 7:14 ABA (Bybel vir almal)

Die Israeliete het die stede tussen Ekron en Gat teruggekry wat die Filistyne van hulle gevat het. Daar was ook vrede tussen die Israeliete en die Amoriete.

1 SAMUEL 7:14 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Ook die stede wat die Filistyne van Israel geneem het, het na Israel teruggekom, van Ekron af tot by Gat; en die gebied daarvan het Israel uit die hand van die Filistyne geruk. En daar was vrede tussen Israel en die Amoriete.

1 SAMUEL 7:14 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die stede wat die Filistyne van Israel afgevat het, is deur Israel herower, van Ekron af tot by Gat. Israel het sy gebied uit die mag van die Filistyne bevry. Verder was daar vrede tussen Israel en die Amoriete.

1 SAMUEL 7:14 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die stede wat die Filistyne van Israel afgeneem het, van Ekron af tot by Gat, het weer teruggeval na Israel. Ook die omliggende gebiede het Israel uit die hand van die Filistyne geruk. Daar was toe vrede tussen Israel en die Amoriete.

1 SAMUEL 7:14 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die stede wat die Filistyne van Israel ingeneem het, is aan Israel teruggebring, van Ekron af tot by Gat; en sy grondgebied het Israel uit die hand van die Filistyne gered. En daar was vrede tussen Israel en die Amoriete.

1 SAMUEL 7:14 DB (Die Boodskap)

Die Israeliete het die dorpe wat die Filistyne van hulle afgevat het, weer teruggekry, van Ekron af tot by Gat. Die Filistyne was ook nie meer baas oor die gebiede langsaan nie. Daar was ook vrede tussen die Israeliete en die Amoriete.

1 SAMUEL 7:14 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Israel het die dorpe wat die Filistyne voorheen beset het vanaf Ekron tot by Gat herower. Israel het ook die grensgebiede bevry van die Filistynse oorheersing. In daardie tyd was daar vrede tussen Israel en die Amoriete.