1 SAMUEL 19:14-15
1 SAMUEL 19:14-15 Bybel vir almal (ABA)
Saul het manne gestuur om vir Dawid te vang, en Mikal het vir hulle gesê: “Hy is siek.” Daarna het Saul sy manne gestuur om na Dawid te gaan kyk en hy het vir hulle gesê: “Bring hom hier na my toe saam met sy bed sodat ek hom kan doodmaak.”
1 SAMUEL 19:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe Saul dan boodskappers stuur om Dawid te gaan haal, sê sy: Hy is siek. Daarop stuur Saul die boodskappers om Dawid te besoek met die opdrag: Bring hom met bed en al na my toe, dat ek hom kan ombring.
1 SAMUEL 19:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Saul se mense daar kom om vir Dawid te vang, sê sy: “Hy is siek.” Daarna het Saul sy manne gestuur om na Dawid te gaan kyk en beveel: “Bring hom na my toe met bed en al dat ek hom kan laat doodmaak.”
1 SAMUEL 19:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Saul gesante stuur om Dawid te vang, het sy gesê: “Hy is siek.” Saul stuur toe die gesante om self vir Dawid te sien, en sê: “Bring hom met bed en al na my toe, sodat ek hom kan doodmaak.”
1 SAMUEL 19:14-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Saul boodskappers stuur om Dawid te haal, sê sy: Hy is siek. En Saul het weer die boodskappers gestuur om Dawid te sien en te sê: Bring hom op die bed na my toe, dat ek hom kan doodmaak.