1 SAMUEL 18:28-29 - Compare All Versions

1 SAMUEL 18:28-29 AFR83 (Afrikaans 1983)

Dit het vir Saul duidelik geword dat die Here by Dawid is. Boonop het Saul se dogter Mikal vir Dawid liefgehad. Toe het Saul nog banger geword vir Dawid, Saul was vir goed vyandig teenoor hom.

1 SAMUEL 18:28-29 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Toe Saul sien en merk dat die HERE met Dawid was, en dat Migal, die dogter van Saul, hom liefhet, het Saul nog meer bevrees geword vir Dawid, en Saul het Dawid se vyand geword al die dae.

1 SAMUEL 18:28-29 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Saul het opgelet dat die HERE met Dawid was en dat sy dogter Mikal hom liefhet. Daarom het Saul nog banger vir Dawid geword. Saul was lewenslank Dawid se vyand.

1 SAMUEL 18:28-29 DB (Die Boodskap)

Saul het self gesien en geweet dat die Here vir Dawid help en dat sy dogter Dawid liefhet. Daarom was hy nóg banger vir Dawid, en solank hy geleef het, was hy Dawid se vyand.

1 SAMUEL 18:28-29 ABA (Bybel vir almal)

Saul het gesien en geweet dat die Here by Dawid is. Saul het ook gesien dat sy dogter Mikal lief is vir Dawid. Daarom was Saul toe nóg banger vir Dawid en hy was Dawid se vyand sy hele lewe lank.

1 SAMUEL 18:28-29 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Saul het ingesien en besef dat die HERE met Dawid is, en dat Migal, Saul se dogter, hom liefhet. Saul was toe nog banger vir Dawid, en hy het vir altyd 'n vyand van Dawid gebly.

1 SAMUEL 18:28-29 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En Saul het gesien en geweet dat die HERE met Dawid was en dat Mikal, die dogter van Saul, hom liefgehad het. En Saul was nog banger vir Dawid; en Saul het gedurigdeur Dawid se vyand geword.