1 PETRUS 3:4
1 PETRUS 3:4 Die Boodskap (DB)
Nee, ’n vrou se eintlike skoonheid kom van binne af. Hoe mooi is dit nie as ’n vrou sag en vriendelik optree nie! Of ’n vrou nou oud of jonk is, hierdie soort mooiheid kan jy nie van haar af wegvat nie. In God se oë is dit die kosbaarste juwele wat ’n vrou kan dra.
1 PETRUS 3:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet mooi wees, maar julle moenie mooi wees net omdat julle julle hare so mooi vleg dat almal altyd daarna wil kyk nie, of omdat julle goue juwele dra of omdat julle baie duur klere aantrek nie. Julle harte moet altyd mooi wees, julle moet nederig en rustig wees. Dit is baie belangrik vir God.
1 PETRUS 3:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
maar die verborge mens van die hart in die onverganklike versiering van 'n sagmoedige en stille gees, wat baie kosbaar is voor God.
1 PETRUS 3:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nee, julle skoonheid moet dié van die innerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde.
1 PETRUS 3:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
maar op dit wat in die mens se hart verborge is – die onverganklike skoonheid van 'n saggeaarde en rustige gees, wat in God se oë baie kosbaar is.