1 PETRUS 3:20
1 PETRUS 3:20 Bybel vir almal (ABA)
Dit is die geeste van die mense wat voorheen ongehoorsaam was. Dit was in die tyd toe Noag gelewe het, Noag wat die ark gebou het. God het toe geduldig gewag dat hierdie mense moet terugkom na Hom toe. God het net 'n paar mense gered. Die ark het op die water gedryf, só het God hulle gered. Daar was ag mense in die ark.
1 PETRUS 3:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
wat eertyds ongehoorsaam was toe die lankmoedigheid van God een maal gewag het in die dae van Noag, onderwyl die ark gereed gemaak is, waarin weinig, dit is agt, siele deur water heen gered is
1 PETRUS 3:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit is hulle wat aan God ongehoorsaam gebly het toe Hy groot geduld met hulle aan die dag gelê het in die tyd toe Noag die ark gebou het. Net 'n klein klompie in die ark, ag in getal, is deur die water gered.
1 PETRUS 3:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daardie geeste was destyds ongehoorsaam, toe God in Noag se dae geduldig bly wag het, terwyl die ark gebou is. In die ark is net 'n paar mense, altesaam agt, deur die vloedwaters heen gered.
1 PETRUS 3:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
wat soms ongehoorsaam was, toe die lankmoedigheid van God eens gewag het in die dae van Noag, terwyl die ark 'n voorbereiding was, waarin min, dit is agt siele, deur water gered is.
1 PETRUS 3:20 Die Boodskap (DB)
Dit is die mense wat lank terug in Noag se tyd geleef het. God was destyds darem baie geduldig met daardie mense. God het hulle ’n unieke kans gegee terwyl Noag sy skip gebou het. Tog wou hulle nie hoor nie. Hulle het maar aangehou om hulle nie aan God te steur nie. Uiteindelik, toe die reën begin uitsak, is daar net ’n handjie vol mense die skip in, agt in totaal. Hulle was toe die enigstes wat uit daardie groot vloed gered is.