1 KONINGS 17:17
1 KONINGS 17:17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
’n Tyd later het die vrou se seun siek geword. Hy het al sieker geword en gesterf.
1 KONINGS 17:17 Bybel vir almal (ABA)
Later het die seun van die weduwee siek geword, die weduwee aan wie die huis behoort het. Hy was baie siek en hy het gesterf.
1 KONINGS 17:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ná hierdie dinge het die seun van die vrou, die eienares van die huis, siek geword; en sy siekte was baie ernstig, totdat daar geen asem meer in hom oorgebly het nie.
1 KONINGS 17:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
In dié tyd het die vrou, die eienares van die huis, se seuntjie siek geword. Hy het al hoe sieker geword totdat hy die laaste asem uitgeblaas het.
1 KONINGS 17:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ná hierdie gebeure het die vrou, die eienares van die huis, se seun siek geword. Sy siekte het so erg geword dat daar nie meer asem in hom oor was nie.
1 KONINGS 17:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En ná hierdie dinge het die seun van die vrou, die meesteres van die huis, siek geword; en sy siekte was so erg dat daar geen asem in hom oorgebly het nie.