1 KORINTIËRS 8:1
1 KORINTIËRS 8:1 Bybel vir almal (ABA)
Julle het vir my gevra of gelowiges afgod-offervleis mag eet. Ek wil nou daaroor praat. Ons weet dat almal dink hulle weet alles hiervan. Maar julle moet onthou, wanneer 'n mens dink hy weet alles, dan maak hy ander mense maklik hartseer. Maar wanneer hy lief is vir ander mense, dan kan hy hulle help.
1 KORINTIËRS 8:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN met betrekking tot die offervleis aan die afgode weet ons dat ons almal kennis het. Die kennis maak opgeblase, maar die liefde stig.
1 KORINTIËRS 8:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
En nou julle vraag oor vleis wat aan 'n afgod geoffer is. Ons weet dat ons almal kennis het. Kennis maak verwaand, maar liefde bou op.
1 KORINTIËRS 8:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wat die afgodsoffers betref, stem ons saam: “Ons het almal kennis.” Kennis maak verwaand, maar liefde bou op.
1 KORINTIËRS 8:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nou as ontroerende dinge wat aan afgode gebied word, weet ons dat ons almal kennis het. Kennis blaas op, maar naasteliefde stig.
1 KORINTIËRS 8:1 Die Boodskap (DB)
Julle het mos ook in julle brief gevra of ’n mens kos mag eet wat aan afgode geoffer is. Dit is waar wat julle sê: “Julle weet wat die kerk alles leer.” Maar as ’n mens dink jy weet so baie, kan dit jou te veel van jouself laat dink. Onthou egter, liefde blaas jou nie so op nie, maar bou liewer ander mense op.