1 Korinthiërs 8

8
Oor afgode en offervleis
1Wat die afgodsoffers betref, stem ons saam: “Ons het almal kennis.” Kennis maak verwaand, maar liefde bou op. 2 As iemand dink hy weet iets, is sy kennis nog nie soos dit behoort te wees nie. 3 Maar as iemand God liefhet, word hy deur Hom geken. 4Wat die eet van afgodsoffers betref, weet ons “Daar bestaan geen afgod in die wêreld nie,” en “Daar bestaan geen god nie, behalwe Een.” 5Selfs al is daar inderdaad sogenaamde gode in die hemel of op die aarde, en net so ook baie “gode” en baie “here” –
6Vir ons egter is daar een God, die Vader,
uit wie alles is, en ons vir Hom,
en een Here, Jesus •Christus,
deur wie alles is, en ons deur Hom.
7Maar nie almal het hierdie kennis nie. Sommige is nog so gewoond aan die afgod dat hulle steeds die vleis eet as 'n afgodsoffer, en hulle gewete, wat swak is, word besoedel. 8 Kos bring ons nie nader aan God nie. As ons nie sou eet nie, ly ons nie gebrek nie, en as ons sou eet, het ons nie oorvloed nie. 9 Pasop dat hierdie vryheid van julle nie vir die swakkes 'n struikelblok word nie. 10Want as iemand jou, wat die kennis het, in 'n afgodstempel aan tafel sien, sal hy nie, omdat sy gewete swak is, aangemoedig word om afgodsoffers te eet nie? 11 Dan gaan die swakke, 'n broer vir wie Christus gesterf het, verlore as gevolg van jou kennis. 12Deur op dié manier teen die broers te sondig en hulle swak gewetens te kwets, sondig julle teen Christus. 13 Daarom, as kos my broer laat struikel, sal ek beslis vir ewig nie weer vleis eet nie, sodat ek nie my broer laat struikel nie.

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid