“As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe. Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aan kom nie, kan nie my dissipel wees nie. “Wie van julle wat 'n gebou wil oprig, gaan nie eers sit en die koste bereken, om te sien of hy genoeg geld het om die werk te voltooi nie? Anders, as hy die fondament gelê het en nie in staat is om die gebou te voltooi nie, sal almal wat dit sien, met hom die spot begin dryf. Hulle sal sê: ‘Hier is 'n man wat begin bou het maar nie kon klaar maak nie.’ “Of watter koning wat met 'n ander koning in 'n oorlog betrokke raak, sal nie eers gaan sit en oorweeg of hy met sy tien duisend man sterk genoeg is om die ander een teen te staan wat met twintig duisend teen hom optrek nie? Anders stuur hy 'n afvaardiging om vredesvoorwaardes te vra terwyl die ander een nog ver is. “So kan niemand van julle my dissipel wees as hy nie bereid is om van al sy besittings afstand te doen nie.”
Lees LUKAS 14
Deel
Vergelyk alle weergawes: LUKAS 14:26-33
5 Days
Who are you becoming? If you envision yourself at age 70, 80, or 100, what kind of person do you see on the horizon? Does the projection in your mind fill you with hope? Or dread? In this devotional, John Mark Comer shows us how we can be spiritually formed to become more like Jesus day by day.
6 dae
Dit is 'n geweldige groot voorreg om 'n volgeling, 'n dissipel en 'n kind van God te wees. Maar elke Christen moet weet dit vra 'n prys om aan die Here Jesus te behoort en sy wil te doen. Hierdie leesplan handel oor die prys van dissipelskap.
7 Days
Still haven't made up your mind about God? Not really sure what you believe? Spend the next seven days exploring the Bible and see what God reveals to you about his true nature. This is your opportunity to read the story for yourself and decide what you believe. The idea of God is too important for you to still be undecided.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's