PSALMS 69:1-6

PSALMS 69:1-6 AFR83

Vir die koorleier: op die wysie van “Lelies”. Van Dawid. Red my, o God, want die water het tot by my keel gekom. Ek het weggesak in diep modder waarin ek nie kan staan nie. Ek het in diep waters beland waarin die stroom my meegesleur het. Ek het my moeg geroep om hulp, my keel is hees geroep, selfs my oë het ingegee soos ek vir my God gewag het. Dié wat my sonder rede haat, is meer as die hare op my kop. Dié wat my vir altyd wil stilmaak, is sterk. My vyande dwing my met vals beskuldigings om af te gee wat ek nie geroof het nie. U weet hoe sondig ek is, o God, my verkeerde dade kan ek tog nie vir U wegsteek nie.