PSALMS 47

47
God is bo almal verhewe
1Vir die koorleier. Van die Koragiete. 'n Psalm.
2Al julle volke, klap julle hande;
juig tot eer van God met 'n jubelende stem,
3want aan die Here, die Allerhoogste, kom eerbied toe;
Hy is die Groot Koning oor die hele aarde:
4Hy het volke aan ons onderwerp
en nasies aan ons onderhorig gemaak;
5Hy het ons besitting vir ons uitgekies,
die pragtige land van Jakob, wat Hy liefhet. Sela
6God gaan op na sy tempel toe onder gejubel,
die Here gaan op terwyl die ramshorings blaas.
7Prys God, prys Hom met psalms,
prys ons Koning, prys Hom met psalms!
8God is koning oor die hele aarde;
sing vir Hom 'n lied.
9God is koning oor die nasies,
God is op sy heilige troon.
10Die leiers uit elke volk sal hulle verenig met die volk van die God van Abraham.
Die heersers van die aarde is onderworpe aan God,
Hy is bo almal verhewe.

Tans Gekies:

PSALMS 47: AFR83

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid