Vir die koorleier. Van die Koragiete. 'n Psalm. Al julle volke, klap julle hande; juig tot eer van God met 'n jubelende stem, want aan die Here, die Allerhoogste, kom eerbied toe; Hy is die Groot Koning oor die hele aarde: Hy het volke aan ons onderwerp en nasies aan ons onderhorig gemaak; Hy het ons besitting vir ons uitgekies, die pragtige land van Jakob, wat Hy liefhet. Sela God gaan op na sy tempel toe onder gejubel, die Here gaan op terwyl die ramshorings blaas. Prys God, prys Hom met psalms, prys ons Koning, prys Hom met psalms! God is koning oor die hele aarde; sing vir Hom 'n lied. God is koning oor die nasies, God is op sy heilige troon.
Lees PSALMS 47
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 47:1-9
31 Days
Do you need a jumpstart in your marriage? Engage in scripture and each other for 3 1 straight days and see how Jesus shows up!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's