PSALMS 119:1-11

PSALMS 119:1-11 AFR83

Dit gaan goed met dié wat onberispelik lewe, dié wat wandel volgens die woord van die Here. Dit gaan goed met dié wat sy verordeninge gehoorsaam, dié wat met hulle hele hart sy wil doen, geen onreg pleeg nie en in sy weë wandel. U het u bevele gegee dat dit ten volle uitgevoer moet word. As ek tog maar net op 'n vaste koers kan bly en my aan u voorskrifte kan hou! As ek al u gebooie in ag neem, sal ek nooit raad-op wees nie. U bepalings is regverdig; as ek hulle ter harte neem, sal ek U loof met 'n opregte hart. Ek sal my aan u voorskrifte hou: moet my tog nooit verlaat nie. Hoe kan 'n jongmens sy lewe skoon hou? Deur hom te hou aan u woord! Ek wil aan U gehoorsaam wees met my hele hart, laat my nie afwyk van u gebooie nie. Aan u beloftes hou ek vas, dit weerhou my van sonde teen U.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid