PSALMS 118:21-26

PSALMS 118:21-26 AFR83

Ek wil U loof omdat U my gebed verhoor en my gered het. Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword. Dit is deur die Here gedoen en is 'n wonder in ons oë! Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees. Red tog, Here, gee tog voorspoed, Here! Prys hom wat in die Naam van die Here kom! Ons seën julle uit die huis van die Here.