SPREUKE 6:16-35

SPREUKE 6:16-35 AFR83

Die Here haat ses dinge, nee, daar is sewe waarvan Hy 'n afsku het: oë wat straal van hoogmoed, 'n tong wat lieg, hande wat met bloed bevlek is, gedagtes wat met komplotte besig is, voete wat net een koers ken, dié van die kwaad, 'n getuie wat lieg en iemand wat rusie stook tussen broers. My seun, hou vas aan wat jou vader jou voorskryf; wat jou moeder jou leer, moet jy nie in die wind slaan nie. Dit moet jou altyd bybly, daarmee moet jy saamleef; dit sal vir jou leiding gee in wat jy doen, dit sal jou beskerm as jy slaap en jou lei sodra jy wakker word. Wat ek jou voorskryf, is 'n lamp, my onderrig is 'n lig; wie hom laat teregwys, is op die pad na die lewe toe. My onderrig sal jou beskerm teen die slegte vrou van 'n ander wat jou met haar gladde tong wil verlei. Moenie dat haar skoonheid jou begeerte wek nie, moenie dat sy jou vang met haar oë nie. Jy kan 'n prostituut kry vir 'n stuk brood, maar owerspel kan jou lewe kos. Kan jy kole vuur in die vou van jou klere inhark sonder dat jou klere aan die brand raak? Kan jy op brandende kole loop sonder dat jy jou voete verbrand? Net so min kan jy by 'n ander man se vrou slaap sonder om gestraf te word, jy sal nie vry kom as jy met haar lol nie. 'n Dief word verag as hy steel, ook al steel hy om sy honger te stil, en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig teruggee, selfs al kos dit hom alles wat hy besit. Maar 'n man wat owerspel pleeg, moet van sy verstand af wees, iemand wat dit doen, verwoes sy lewe. Hy sal slae op die lyf loop en verneder word, sy skande sal nooit uitgewis word nie. Die woede van die vrou se man is 'n gloeiende vuur, sy wraak ken nie perke nie; hy laat hom nie afkoop nie, geen betaling is vir hom genoeg nie.

Versbeeld vir SPREUKE 6:16-35

SPREUKE 6:16-35 - Die Here haat ses dinge,
nee, daar is sewe waarvan Hy 'n afsku het:
oë wat straal van hoogmoed,
'n tong wat lieg,
hande wat met bloed bevlek is,
gedagtes wat met komplotte besig is,
voete wat net een koers ken, dié van die kwaad,
'n getuie wat lieg
en iemand wat rusie stook tussen broers.

My seun, hou vas aan wat jou vader jou voorskryf;
wat jou moeder jou leer,
moet jy nie in die wind slaan nie.
Dit moet jou altyd bybly,
daarmee moet jy saamleef;
dit sal vir jou leiding gee in wat jy doen,
dit sal jou beskerm as jy slaap
en jou lei sodra jy wakker word.
Wat ek jou voorskryf, is 'n lamp,
my onderrig is 'n lig;
wie hom laat teregwys,
is op die pad na die lewe toe.

My onderrig sal jou beskerm
teen die slegte vrou van 'n ander
wat jou met haar gladde tong wil verlei.
Moenie dat haar skoonheid jou begeerte wek nie,
moenie dat sy jou vang met haar oë nie.
Jy kan 'n prostituut kry vir 'n stuk brood,
maar owerspel kan jou lewe kos.
Kan jy kole vuur in die vou van jou klere inhark
sonder dat jou klere aan die brand raak?
Kan jy op brandende kole loop
sonder dat jy jou voete verbrand?
Net so min kan jy by 'n ander man se vrou slaap
sonder om gestraf te word,
jy sal nie vry kom as jy met haar lol nie.
'n Dief word verag as hy steel,
ook al steel hy om sy honger te stil,
en as hy uitgevind word, moet hy sewevoudig teruggee,
selfs al kos dit hom alles wat hy besit.
Maar 'n man wat owerspel pleeg,
moet van sy verstand af wees,
iemand wat dit doen, verwoes sy lewe.
Hy sal slae op die lyf loop en verneder word,
sy skande sal nooit uitgewis word nie.
Die woede van die vrou se man is 'n gloeiende vuur,
sy wraak ken nie perke nie;
hy laat hom nie afkoop nie,
geen betaling is vir hom genoeg nie.