Spreuke 6:16-35

Spreuke 6:16-35 AFR20

Daar is ses dinge waarin die HERE 'n weersin het, sewe is vir Hom afstootlik: hovaardige oë, 'n bedrieglike tong, hande wat onskuldige bloed vergiet, 'n hart wat bose planne smee, voete wat gou is om na die kwaad te hardloop, 'n vals getuie wat leuens uitryg, en iemand wat tweedrag saai tussen broers. My seun, hou by die gebod van jou vader, en moenie die onderrig van jou moeder verontagsaam nie. Bind dit voortdurend aan jou hart, bind dit om jou nek. Wanneer jy rondgaan, sal dit jou lei; wanneer jy slaap, sal dit oor jou wag hou; wanneer jy wakker word, sal dít jou besig hou. Want 'n gebod is 'n lamp, en onderrig is 'n lig. Die pad na die lewe is teregwysing deur vermaning, om jou te beskerm teen 'n slegte vrou, teen die gladde tong van 'n vreemde vrou. Moenie haar skoonheid in jou hart begeer nie, en moenie toelaat dat sy jou vang met haar wimpers nie. Ja, die prys vir 'n prostituut is soveel as die prys van 'n ronde brood, maar iemand anders se vrou – sy maak jag op 'n kosbare lewe. Kan 'n man vuur in die vou van sy kleed dra, maar sy klere raak nie aan die brand nie? As 'n man op gloeiende kole loop, sal sy voete dan nie verskroei nie? So gaan dit met hom wat by die vrou van sy medemens ingaan. Niemand wat haar aanraak, sal ongestraf bly nie. Verag mense nie 'n dief as hy steel nie, al is dit om sy eetlus te bevredig wanneer hy honger is? En word hy uitgevang, moet hy dit sewevoudig vergoed; al die besittings in sy huis moet hy dan oorhandig. Hy wat owerspel pleeg met 'n vrou, is sonder verstand; wie sy eie lewe wil verwoes, hy doen so iets. Slae en skande sal hy op die lyf loop, en sy bespotting sal nie uitgewis word nie. Want jaloesie wek 'n man se woede, en hy sal genadeloos wees op die dag van wraak. Hy sal nie geneë wees tot enige omkoopgeld nie, ook nie inwillig wanneer die afkoopsom verhoog word nie.

Versbeeld vir Spreuke 6:16-35

Spreuke 6:16-35 - Daar is ses dinge waarin
die HERE 'n weersin het,
sewe is vir Hom afstootlik:
hovaardige oë,
'n bedrieglike tong,
hande wat onskuldige bloed vergiet,
'n hart wat bose planne smee,
voete wat gou is om na die kwaad
te hardloop,
'n vals getuie wat leuens uitryg,
en iemand wat tweedrag saai
tussen broers.

My seun, hou by die gebod
van jou vader,
en moenie die onderrig
van jou moeder verontagsaam nie.
Bind dit voortdurend aan jou hart,
bind dit om jou nek.
Wanneer jy rondgaan,
sal dit jou lei;
wanneer jy slaap,
sal dit oor jou wag hou;
wanneer jy wakker word,
sal dít jou besig hou.
Want 'n gebod is 'n lamp,
en onderrig is 'n lig.
Die pad na die lewe
is teregwysing deur vermaning,
om jou te beskerm
teen 'n slegte vrou,
teen die gladde tong
van 'n vreemde vrou.
Moenie haar skoonheid
in jou hart begeer nie,
en moenie toelaat dat sy jou vang
met haar wimpers nie.
Ja, die prys vir 'n prostituut
is soveel as die prys
van 'n ronde brood,
maar iemand anders se vrou –
sy maak jag op 'n kosbare lewe.
Kan 'n man vuur
in die vou van sy kleed dra,
maar sy klere raak nie
aan die brand nie?
As 'n man op gloeiende kole loop,
sal sy voete dan nie verskroei nie?
So gaan dit met hom
wat by die vrou
van sy medemens ingaan.
Niemand wat haar aanraak,
sal ongestraf bly nie.
Verag mense nie 'n dief
as hy steel nie,
al is dit om sy eetlus te bevredig
wanneer hy honger is?
En word hy uitgevang,
moet hy dit sewevoudig vergoed;
al die besittings in sy huis
moet hy dan oorhandig.
Hy wat owerspel pleeg met 'n vrou,
is sonder verstand;
wie sy eie lewe wil verwoes,
hy doen so iets.
Slae en skande
sal hy op die lyf loop,
en sy bespotting
sal nie uitgewis word nie.
Want jaloesie
wek 'n man se woede,
en hy sal genadeloos wees
op die dag van wraak.
Hy sal nie geneë wees
tot enige omkoopgeld nie,
ook nie inwillig wanneer
die afkoopsom verhoog word nie.