'n Mens vind vreugde daarin as hy die antwoord het; wat is beter as die regte woord op die regte tyd? 'n Verstandige mens se pad loop boontoe, na die lewe toe; hy ontkom die doderyk daar onder. Die Here breek die hoogmoedige se huis af en beskerm die grond van die weduwee. Die Here het 'n afsku van bose planne; aangename woorde is vir Hom aanneemlik. Wie hom verryk ten koste van 'n ander, maak dat sy gesin verstoot word; wie omkoopgeskenke weier, sal lewe. 'n Regverdige mens dink voor hy antwoord; goddelose mense sê net slegte dinge. Die Here is ver van die goddeloses af, maar Hy hoor die gebed van die regverdiges. Stralende oë bring blydskap, goeie tyding verkwik 'n mens. Wie op 'n teregwysing ag slaan, sal lewe en 'n tuiste vind tussen mense wat wysheid het. Wie onderrig in die wind slaan, gee nie om vir homself nie; wie op 'n teregwysing ag slaan, kry insig. Om die Here te dien, is om onderrig te word in wysheid; nederigheid kom voor eer.
Lees SPREUKE 15
Deel
Vergelyk alle weergawes: SPREUKE 15:23-33
29 dae
In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.
30 Days
Every journey requires supplies. On the journey of life, some of the best supplies are God’s Word and a bit of encouragement from friends. This Our Daily Journey reading plan features 30 days of writing from trusted authors whose insights speak into your life. Each short devotional contains a story supported by multiple Scripture references as well as a “Next” section to help you think more deeply. Make the most of your devotional time with truth and encouragement from Our Daily Journey.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's