Daar is vreugde daarin om die regte antwoord te hê. Wat is beter as die regte woord op die regte tyd? Die lewenspad van ’n verstandige mens loop boontoe. Dit stuur weg van die doderyk daar onder. Die HERE vernietig die hoogmoedige se huis. Hy beskerm die grondgebied van die weduwee. Die HERE verafsku slegte planne. Hy hou van skoon gedagtes. ’n Gierigaard bring ongeluk oor sy huis. Wie omkoopgeskenke weier, sal lewe. ’n Regverdige mens dink eers voor hy antwoord. By goddelose mense se monde borrel daar slegte dinge uit. Die HERE luister nie na goddelose mense nie. Hy verhoor die gebed van die regverdige mens. Oë wat blink, bring vreugde. Goeie nuus bring gesondheid. Wie na kritiek luister, sal lewe. Jy sal tuis wees tussen mense met wysheid. Wie goedbedoelde raad ignoreer, doen skade aan homself. Iemand wat hom laat reghelp, ontwikkel sy insig. Om respek vir die HERE te hê, leer ’n mens wysheid. Nederigheid kom eerste, daarna volg eer.
Lees SPREUKE 15
Luister na SPREUKE 15
Deel
Vergelyk alle weergawes: SPREUKE 15:23-33
29 dae
In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.
30 Days
Every journey requires supplies. On the journey of life, some of the best supplies are God’s Word and a bit of encouragement from friends. This Our Daily Journey reading plan features 30 days of writing from trusted authors whose insights speak into your life. Each short devotional contains a story supported by multiple Scripture references as well as a “Next” section to help you think more deeply. Make the most of your devotional time with truth and encouragement from Our Daily Journey.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's