nie een van die manne wat my mag en die wonders wat Ek in Egipte en in die woestyn gedoen het, gesien het, en wat My nou oor en oor getart het en nie na my woorde geluister het nie, sal die land wat Ek met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het, sien nie. Nie een van hulle wat My geminag het, sal die land sien nie. Maar omdat my dienaar Kaleb 'n ander gesindheid het en My getrou gevolg het, sal Ek hom inbring in die land wat hy gaan verken het, en sy nageslag sal dit besit.
Lees NUMERI 14
Deel
Vergelyk alle weergawes: NUMERI 14:22-24
4 dae
Ons wêreld is gevul met storms. Hierdie storms kan ons oorweldig en ons wegtrek van ons roeping. Wanneer ons die woorde hoor “Alles sal ok wees” is dit nie die woorde wat ons altyd wil hoor nie. Maar as ons net ons gedagtes vir ‘n oomblik kan rig op die Een wat alles ok maak, sal ons besef dat daardie woorde nie te ver van ‘n werklikheid is nie.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's