Ses dae later het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle op 'n hoë berg gebring waar hulle heeltemal alleen was. Toe het sy voorkoms voor hulle oë verander, en sy klere het blink geword, spierwit soos niemand op aarde dit kan maak nie. Elia en Moses het toe aan hulle verskyn en met Jesus gestaan en praat. Toe sê Petrus vir Jesus: “Rabbi, dit is goed dat ons hier is. Laat ons drie hutte bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia.” Hy het nie geweet wat hy sê nie, so verskrik was hy saam met die ander. Daar het toe 'n wolk gekom wat sy skaduwee oor hulle laat val het; en uit die wolk het daar 'n stem gekom: “Dit is my geliefde Seun. Luister na Hom.” En meteens, toe hulle weer kyk, sien hulle niemand meer nie, net Jesus alleen by hulle. Terwyl hulle van die berg afkom, het Jesus hulle opdrag gegee om wat hulle gesien het, vir niemand te vertel voordat die Seun van die mens uit die dood opgestaan het nie. Hulle het hulle toe aan hierdie opdrag gehou, maar onder mekaar geredeneer oor wat dit beteken as Hy sê dat die Seun van die mens uit die dood sal opstaan. Hulle vra Hom toe: “Waarom sê die skrifgeleerdes dat Elia eers moet kom?” “Elia kom wel eers om alles weer reg te maak,” antwoord Hy hulle. “En hoe staan daar ook oor die Seun van die mens geskrywe? Hy moet baie ly en verag word. Maar Ek sê vir julle: Elia het reeds gekom, en die mense het met hom gemaak wat hulle wou, net soos daar oor hom geskrywe staan.”
Lees MARKUS 9
Deel
Vergelyk alle weergawes: MARKUS 9:2-13
5 dae
Voel jy dat Markus ’n baie belangrike deel van Jesus se storie oorgeslaan het? Kan ons steeds die realiteit besef dat God ’n persoon geword het, sonder om te hoor van Jesus se bonatuurlike geboorte? Die antwoord is ja. In hierdie Bybelstudie van RightNow Media en Francis Chan, vra Francis vir ons: “Het jy al werklik die impak van daardie stelling oorweeg – die gebeurtenis toe God mens geword het?”
22 dae
Markus se korter Evangelie beskryf Jesus Christus se aardse bediening as die lydende Dienaar en Seun van die mens. Reis daagliks deur Mark terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's