Toe hulle weer by die ander dissipels kom, sien hulle 'n groot menigte mense daar rondom hulle en skrifgeleerdes wat met hulle redeneer. Die hele menigte was verras toe hulle Jesus skielik sien, en het nader gehardloop om Hom te verwelkom. Hy het vir die skrifgeleerdes gevra: “Waaroor redeneer julle met my dissipels?” Een van die mense het Hom geantwoord: “Meneer, ek het my seun na U toe gebring omdat hy van 'n gees besete is wat hom stom maak. En elke keer as die gees hom gryp, gooi hy hom op die grond neer. Dan kry hy skuim om die mond en hy kners op sy tande, en sy spiere trek saam. Ek het u dissipels gevra om die gees uit te drywe, en hulle kon nie.” Jesus sê toe vir hulle: “Ongelowige geslag, hoe lank moet Ek nog by julle wees? Hoe lank moet Ek julle nog verdra? Bring hom hier na My toe.” Hulle het die seun na Hom toe gebring. Net toe die gees vir Jesus sien, het hy die seun geweldige stuiptrekkings laat kry. Hy het op die grond neergeslaan en rondgerol, met skuim om die mond. Jesus het vir die pa gevra: “Hoe lank is dit al dat dit hom oorkom?” “Van kleins af,” antwoord hy, “en baie keer het die gees hom al in vuur en in water gegooi om hom dood te maak. As U tog miskien iets daaraan kan doen, kry ons jammer en help ons.” “ ‘As U iets kan doen,’ sê jy,” antwoord Jesus. “Vir die een wat glo, kan alles.” “Ek glo,” roep die seun se pa dadelik uit. “Help my in my ongeloof.” Toe Jesus sien dat 'n menigte mense aangestroom kom, het Hy die onrein gees skerp aangespreek: “Jou stom en dowe gees, Ek gebied jou: Gaan uit hom uit en moet nooit weer in hom invaar nie!” Die gees het hom laat skreeu en hewige stuiptrekkings laat kry en toe uit hom uitgegaan. Dit het gelyk of die seun dood is, sodat baie mense gesê het: “Hy is dood.” Jesus het hom egter aan die hand gevat en opgehelp, en hy het opgestaan.
Lees MARKUS 9
Deel
Vergelyk alle weergawes: MARKUS 9:14-27
5 Days
We all face difficult circumstances, culture clashes, and personal struggles. Life can be like fighting in a battle. This is a devotional series that will encourage and strengthen you for the spiritual battles you will face in life.
7 dae
Deur ons geloof is ons kinders van God. Daarom maak dit nie saak wat elke dag oor ons pad kom nie – ons kan aan die Onsienlike Een vashou en in sy vrede rus en bemoediging vind. Hierdie 7-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies deur gewilde Suid-Afrikaanse skrywer Riekert Botha uit sy dagboek OP VLERKE VAN GELOOF.
21 Days
The James River Church 21 Days of Fasting and Prayer Devotion plan is designed to encourage and strengthen you as you devote this time to walking closer with the Lord. The plan consists of short devotions and a Scripture reading plan for each day. We know that as you spend time fasting and praying, you will see God do more than you can ask or imagine!
22 dae
Markus se korter Evangelie beskryf Jesus Christus se aardse bediening as die lydende Dienaar en Seun van die mens. Reis daagliks deur Mark terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's