MIGA 7:1-10

MIGA 7:1-10 AFR83

Ellende wag vir my, ek het geword soos 'n land wat afgeoes is, soos die natrossies in die wingerd. Daar is niks om te eet nie, en ek wou graag voorvye gehad het. Daar is nie meer 'n gelowige in die land nie, onder die mense kry jy nie 'n opregte nie, almal stel strikke om moord te pleeg, hulle maak met vangnette jag op hulle broers. Al wat die regeerder vra, is dat hulle goed moet sondig; die regter vra omkoopgeld, die vername praat net oor wat hy begeer. Hulle verdraai alles. Die beste onder hulle is soos 'n gifplant, die opregte erger as 'n doringheining. Die dag van jou straf kom, wees op die uitkyk daarvoor! Hulle sal binnekort in verwarring raak. Moenie 'n maat vertrou nie, moenie op 'n vriend staatmaak nie, pasop wat jy sê vir die vrou langs wie jy lê. Die seun beledig sy pa, die dogter kom in opstand teen haar ma, die skoondogter teen haar skoonma. 'n Man se huismense het sy vyande geword. Maar ek sal vertrou op die Here, ek sal wag vir die God wat my red. My God sal my gebed verhoor. Moet jou nie oor my verlekker nie, my vyand, al het ek tot 'n val gekom, ek sal weer opstaan, al sit ek in die donker, die Here is my lig. Ek sal aanvaar dat die Here my straf in sy toorn, want ek het teen Hom gesondig. Wanneer Hy my saak verhoor en oor my uitspraak lewer, sal Hy weer lig bring in my lewe, sal ek ondervind dat Hy die oorwinning gee. My vyand sal dit sien, hy sal deur skaamte oorval word, hy wat vir my vra: “Waar is die Here jou God?” Ek sal op my vyand neersien, hy sal plat getrap word soos modder op die straat.

Gratis leesplanne en oordenkings oor MIGA 7:1-10

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid